🌱 Lente
Hou rekord van werkers se rekeninge, voorskotte, vee en betalings -
en sien alles in 'n skoon paneelbord.
Te besig om te tik? Stuur net 'n WhatsApp-boodskap.
Gratis tydens vroeë toegang • Web, app & WhatsApp
Voorskotte, vleis, winkelrekeninge, beeste, betalings - dit alles leef in 'n boek wat saamry in die bakkie. Maar 'n boek kan tuis bly, nat word, of verlore raak. En soms moet jy onthou wat nie neergeskryf is nie.
Lente hou dieselfde rekords, veilig en altyd byderhand - op jou rekenaar by die huis en op jou foon op die land. Niks om te onthou nie, niks om te verloor nie.
Hendrik skuld R531,51 · 1 bees(te)
| Datum | Inskrywing | Bedrag |
|---|---|---|
| 9 Jun | Lening · whatsapp | R500,00 skuld |
| 27 Mei | Inbetaling | R1 000,00 kry |
| 4 Jan | JHO | R353,10 skuld |
Die grootboek
Voorskotte, winkel-aftrekkings, vleis, huishoudelik en betalings - elke inskrywing per werker, met datum en 'n lopende saldo.
Hou rekord van elke werker se beeste - met 'n foto van die brandmerk, plaatjie-nommers, kalwers en verkope wat outomaties bygeskryf word.
Weet enige tyd presies wie wat skuld - die somme word vir jou gedoen, sonder om self te tel of te onthou.
Jou boek word veilig gestoor en is altyd byderhand - op web en app. Geen nat bladsye, geen vergete notas nie.
| Naam | Rol | Saldo | Beeste |
|---|---|---|---|
| Hendrik Matlabe | werker | R531,51 | 1 |
| Kgomotso Motlhoke | werker | R300,00 | 0 |
| Lerato | handelaar | R200,00 | 0 |
Paneelbord & insigte
Nie net 'n lys nie - 'n duidelike oorsig. Wie skuld die meeste, hoeveel beeste het elke werker, en wat is dié maand se voorskotte.
Sit by die rekenaar by die huis en blaai deur elke werker se boek, of kry 'n vinnige opsomming van die hele plaas se rekeninge.
"Dieselfde boek wat jy ken - net altyd reg, altyd byderhand."
Op die pad
Te besig om voor 'n skerm te sit? Stuur net vir Lente 'n boodskap op WhatsApp - sy skryf dit reguit in die boek en bevestig die nuwe saldo. Geen app om oop te maak nie, geen somme om self te doen nie.
"Gee vir Hendrik R500" - tik dit net soos jy sou praat, en die inskrywing land in die regte werker se boek, met 'n bevestiging.
"Wat skuld Hendrik?" of "Hoeveel beeste het hy nou?" - kry dadelik 'n antwoord, sonder om die boek oop te maak.
Veilig & gerugsteun
Jou rekords is belangrik — daarom pas Lente goed daarop.
Ons maak elke dag outomaties 'n kopie van jou boek — ook op 'n aparte plek in die wolk. Selfs al breek 'n rekenaar, raak niks verlore nie.
Die boek is met 'n wagwoord beveilig en werk oor 'n veilige verbinding. Net jy en jou mense kan dit sien — niemand anders nie.
Jou boek is altyd daar — op die rekenaar en op WhatsApp. Geen nat bladsye, geen boek wat wegraak of tuis vergeet word nie.
Lente is in vroeë toegang en gratis om te gebruik terwyl ons bou. Stuur ons 'n e-pos en ons laat jou weet sodra dit gereed is vir jou plaas.
Lente is 'n digitale plaasboek - 'n rekord-stelsel om tred te hou met werkers se rekeninge, voorskotte, vee en betalings. Jy sien alles in 'n skoon web-paneelbord, en kan inskrywings byvoeg of vra met 'n WhatsApp-boodskap.
Ja. Sit by die rekenaar by die huis om in te skryf en deur die boek te blaai, of gebruik jou foon op die land. Met WhatsApp kan jy 'n inskrywing byvoeg sonder om enige app oop te maak.
Op twee maniere: tik dit op die paneelbord met 'n eenvoudige vorm, of stuur 'n WhatsApp-boodskap soos "Gee vir Hendrik R500". Lente bevestig elke inskrywing met die nuwe saldo voordat dit gestoor word.
Ja. Jou rekords word veilig gestoor en is net vir jou toeganklik. Sien ons privaatheidsbeleid vir meer.
Lente is tans in vroeë toegang en gratis om te gebruik terwyl ons bou. Stuur ons 'n e-pos by hallo@liefstelente.co.za om eerste te wees wanneer dit oopmaak vir jou plaas.